5 Kombuistoebehore, onder R400, wat ek graag dié feesseisoen wil hê! | 9Lives
Reading Time: 3 min

“Jy gee gewoontlik vir ander wat jy eintlik self wil hê”, is iets wat my ma baie gereeld sê terwyl sy geskenke toe draai vir hetsy haar vriendinne of familie. Dit is ook partykeer ‘n waardevolle riglyn wat ek volg wanneer ek vir iemand anders ‘n geskenk moet koop.

As ‘n jong werkende dame het my “lysie vir kersvader” aansienlik verander sedert ek op my eie bly en my huis moet aanvul. Strooikussings vir my kaal bank, groot rame vir my leë mure, ‘n elektriese klitser vir my kombuis en so gaan die lys net aan en aan.

Hiér is vyf items, onder R400, wat ek graag die feesseisoen my kombuis wil aanvul:

Winston & Julia Sjokolade:

Begin by R40 | Winston & Julia
Olyfolie, wyn en sjokolade is drie bestanddele wat ‘n resep kan maak of breek. Persoonlik bak ek altyd met die beste sjokolade om ‘n liplekker nagereg te verseker en natuurlik die laaste twee of drie blokkies wat oorbly smaaklik te kan geniet. Winston & Julia is ‘n plaaslike handelsmerk wat die lekkerste sjokolade maak met boonop die mooiste fauna and flora geϊnspireerde verpakking. Hierdié sakpas item is ideaal om jou geskenk mee op te top vir enige soettand of bakster.

geskenklys-sjokolade

Graniet Stamper en Mortier:

R400 | Woolworths
Behalwe dat hierdie graniet item so mooi op my kombuiskas sal lyk, is dit perfek om kruie en sade fyn te maak. My gunsteling deel daarvan is dat dit so maklik is om skoon te maak. Hierdie is van daardie items wat ek graag wil hê maar altyd agter in die ry staan as ek iets vir myself koop.

Granite-Pestle-Mortar

Elektroniese Bamboes Kombuisskaal:

R370 | @home
Dis nie nodig om lank tyd saam met my te spandeer voor jy agterkom dat ek versot is op leer-, hout- of bamboesprodukte nie. Die skaal kan tot 5 kilogram weeg en is perfek vir daardie resepte wat die bestanddele slegs in gramme aangedui word. Perfekte afmetings is belangrik om ‘n suksesvolle resep te waarborg, en wat is beter as om dit met ‘n mooi skaal te doen.

kombuis-skaal-bamboes

Proe die Klein-Karoo Resepteboek:

R260 | Takealot
Eenvoudige, maar tog smaakvolle boerekos is onbetwyfeld my gunsteling dis om te maak. “Proe die Klein-Karoo” resepteboek is saamgestel deur Beate Joubert en merk beslis elke liewe kriteria van my kook voorkeure. Eerstens verkies ek ‘n resepteboek met ‘n verskeidenheid van voorgeregte, hoofgeregte en nageregte en nie net ‘n versameling van een gang nie. Ek soek ook altyd resepte met ‘n versameling van eenvoudinge bestanddele wat ‘n smaaklike dis oplewer. Laastens koop ek met my oë, wat beteken dat ‘n resepteboek met mooi fotos, wat ‘n storie vertel, beslis deel gaan word van my versameling.

Le Creuset Breekware:

Begin by R250 | Le Creuset
Al ooit van die bekende sê-ding “mense eet met hulle oë” gehoor? Le Creuset se breekware maak seker dat elke dis wat jy maak soveel meer smaakvol lyk! Hulle kleurvolle reeks en egte keramiek breekware maak dat dit hoog bo-op my wenslysie is. My droom is om my hele kombuiskas toe te rus met Le Creuset breekware, maar soos hulle sê, “alle goeie goed kom met tyd”.

le-creuset

What did you think of the show?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate.

Author

Hi, I'm Leandra, a girl from the South African countryside with some well-worn vellies and a love for hiking, camping and indulging in life outdoors. In my spare time you can find me taking photos, cooking and spending time with my friends and family.

Write A Comment