Reading Time: 2 min

“Ek dek my tafel met jou woorde. Jou stem hang by die hoeke af. Gekreukel maar altyd sag.” 

Die woorde gee die toon aan vir Lucinda Neethling se eerste solo album getiteld, UITGESKRYF.

Sanger, liedjieskrywer en kunstenaar Lucinda is alombekend as die tong-in-die-kies voorsanger van die Afrikaanse groep, Die Melktert Kommissie. 

Haar eerste solo album volg op die bekendstelling van die enkelsnit, “Ons is ons”, saam met Henry Opperman van Klopjag, in Junie vanjaar. 

Op ‘n Saterdagoggend in ‘n koue, reënerige Stellenbosch het ek saam met Lucinda  die tafel gedek met die eerste klanke van UITGESKRYF.

Vir die eerste keer sedert Die Melktert Kommissie het Lucinda uit die nes gevlieg en pen op papier gesit om vir haarself ‘n nuwe nessie te bou. 

Ek kan nou vir die eerste keer sê wat ek wil sê, en dit is vir my okay.” 

UITGESKRYF het gespruit uit ‘n uitstalling vol kortverhale en gedigte. Die kortverhale en gedigte was met n balpuntpen in kuns omskep, maar nog voordat Lucinda haarself kon keer het sy langs die sketse woorde neergeskryf. UITGESKRYF het uit haar pen gevloei soos ‘n genesingsproses.

Deel van engie genesingsproses kom introspeksie. Daarom is dit van pas, dat introspeksie die hooftema van die album is. Skryf skep afstand tussen jou en jou gedagtes en as jy gelukkig is, kan jy daaroor sing. Jou persoonlike woorde is dan nie meer jou eie nie, maar almal anders s’n.

“Daar is verskeie stadiums in mens se lewe waar jy nie anders kan as om na binne te kyk nie. Hoe meer intiem mens kan skryf, hoe meer universeel word jou musiek. Almal kry seer en almal sukkel en almal steek dinge weg en almal hoop en droom. Ek het al die seer en deurmekaar dinge uitgeskryf.”

Volgens Lucinda is die eindresultaat hoop. Hoop word uitgebeeld in die snit “Meer as die reën” wat opgedra is aan haar oorlede ma. 

“Dit is een van die hartseerste goed wat met iemand kan gebeur, maar wat soveel ander sparks in die lewe kan bring. Soos in my geval, het dit vir my musiek gebring.”

Die eerste snit op die album getitled “Ego” het ‘n baie somber klank en los die luisteraar met daai eerste gevoel van introspeksie.

Een van die snitte waarmee ek ook my tafel dek is “Kwaadpraat” met sagte klavierspel en tjello klanke van Marie-Louis Pretorius van Klopjag. 

“Jou Grap” is in samewerking met die aktrise en nou sangeres, Mila Guy. Met hierdie ligte pop snit, vervaardig deur Wesley van der Westhuizen, hang ons aan albei se lippe.

Nog gunstelinge op die album is “Sinne” en “Weerloos”. Die laasgenoemde was die eerste snit wat Lucinda solo vrygestel het. Met ‘n animasievideo vanuit uitgeknipte poppies van papier en met elke skuif van die poppie word ‘n storie vertel wat bestaan uit 1601 foto’s.

Ek hoop die album help mense om te kan vrae vra vir jouself op ‘n sagte manier.” 

UITGESKRYF bied aan aanhangers ’n eerlike blik op wie Lucinda vandag is met ’n mengsel van sagte en opgewekte musiek en persoonlike lirieke. 

Ek het my tafel gedek saam met Lucinda Neethling en jy kan ook op alle musiek platforms of by die Afriforum teater op 12 Augustus 2021.

Author

The VaaIie girl with a laugh better than the joke itself. If you’ve lost me in the crowd, look for the red hat. Or the shoulder pads. Or the floral-patterned blazer. I’ve got a winner of a party trick, just give me a shot of tequila and a raw egg, and if you’re not sure how to start the conversation, don’t worry. I’ve got you covered.

Write A Comment