Jaarliks tussen Desember en Januarie het ons ten minste een mengelmoes-braai. In ons familie beteken dit dat elke gesin een of twee verskillende tipes braai-happies moet voorsien vir die groot familiebraai. Hierdie is nie gewoonlik net ‘n geleentheid om te spog met wie die mees unieke hors d’oeuvre (of soos ons dit uitspeek; or’derve) bring nie, maar ook watter gesin se happies die lekkerste is.
Aangesien spek en kersie Oepsies altyd ‘n groot braai gunsteling is, het ek besluit om dié treffer ‘n ander slag te gee. Met die sê-ding “chutney of glad nie” ingedagte draai ek hierdie jaar geblikte perskes in spek toe, met bladjang bo-oor vir daardie ekstra karamel smaak saam met die gerookte geur van die spek. Nie net is perskes heelwat goedkoper as kersies nie, maar hierdie drie bestanddele is gewaarborg in my koskas.

Hier is die resep wat ek gebruik het:

Bestanddele:

1 Blik Ingelegde Perskes (Skywe)
1 Pak Repiesspek
Sosatiestokkies
250 ml Bladjang
perske-oepsies-resep

Metode:

Dreinneer die perskes en hou die stroop eenkant.
Draai elke perske-skyf toe in ‘n repie spek en ryg op die sosatie-stokkie.

perske-oepsies
Meng die bladjang met helfde van die perske-stroop en gooi bo-oor die perske-opepsies.
Braai oor warm kole vir 5-10 minute tot die spek krakerig is.

braai-voorgereg
Bedien warm as voorgereg, hors d’oeuvre of bygereg.

My familie het die perske-oepsies met skeptiese gesigsuitdrukkings uit probeer, nie omdat hulle gedink het dit lekker lyk nie, maar uit pure nuuskierigheid uit. Een na die ander het nog en nog hande die bord leeg geëet. My ouma het selfs gesê dat dit verbasend baie lekker is en sy dié opsies bo die tradisionele oepsies verkies.

Wie sou raai dat Oepsies nog lekkerder kan wees as diéwat ons reeds ken! Is daar nog sulke optower resepte wat jy gereeld maak om jou gaste te bederf?

Author

Hi, I'm Leandra, a girl from the South African countryside with some well-worn vellies and a love for hiking, camping and indulging in life outdoors. In my spare time you can find me taking photos, cooking and spending time with my friends and family.

Write A Comment