Reading Time: 6 min

Die eerste warm lente dag sit ons by die kantoor en drink ‘n bier saam met Danie du Toit en Albert van der Merwe, oftewel Reënwolf en Vuurwolf. Die twee vorm een helfde van Spoegwolf. Geen verdere bekendstelling is nodig hier nie, neem ek aan. Ek en Marié het heen en weer die week voor die onderhoud gegaan om te bepaal watse rigting ons wil in slaan. Vir iemand met min tot geen ondervinding met musiek, was my plan om te beplan. Marié wou, soos sy dit beskryf, net “hang”. Met ons skewe “good cop, bad cop” benadering het ons die wolwe leer ken in ‘n podcast-styl. Die stem en die baskitaar gesels toe met ons oor Silwer, hulle ego’s en die pad na El Dorado. 

Van Kosblik tot Zinkplaat

My eerste ontmoeting met Spoegwolf was by die KKNK in 2012. Graad nege Nina was op dié stadium nog salig onbewus van ‘n sogenaamde “Alternatiewe Afrikaanse” musiekwêreld. Op die plastiekstoele in die Husigenoot tent het daar ‘n EP met drie liedjies en ‘n foto van vier ouens halflyf in een of ander dam gelê. Ek het na my vriendin gekyk en gevra: ‘Wie is Spoegwolf? En wat’s met die weird naam?’. 

Die vier ouens het toe heeltemal toevallig agter my gestaan en gelag in hulle moue. Dié EP met die vreemde naam was nie die eerste van sy soort nie. Albert en Danie se musiekwêreld het begin op skooldae en alhoewel die liefde vir musiek gebly het, moes die naam nog so bietjie skaafwerk ondergaan. Kosblik, Freefallers en Ysterkoei is ‘n paar wat by hulle opkom. “Ek maak al musiek van voor my geheue begin het,” vertel Albert. 

Wind was daardie oomblik van aanvaarding, die stilte van die chaos na Koma. Groen was weer optimisties, die eerste tekens van lewe na ‘n veldbrand. Silwer is om sterk aan die ander kant uit te kom met ‘n nuwe understanding van wat belangrik is.”

Danie voeg by dat hy, Albert en Moskou in die middae na skool wanneer hulle musiek luister, die kamer pikdonker sou maak om sodoende “die musiek te voel”. Die drie kom van die Paarl af so “die enigste kinders wat toegang gehad het tot dagga was die Engelse kinders” so dié ervaring was ‘n nugter een. 

Op hierdie stadium sou dit gerieflik wees om die cliché “die gogga het gebyt” in te gooi, maar kom ons doen dit eerder nie. Die wolwe moet, in my brein, so enigmaties bly soos wat hulle naam voorstel. Hulle vorming was egter nie sonder die invloed van groter name in die industrie nie. Marié vra bietjie uit oor Fokofpolisiekar. Natuurlik praat die twee met groot respek oor die groep sonder wie “hulle nie sou bestaan het nie.” Maar dink hulle, hulle is die Fokof van die Gen Z generasie? Beslis nie. 

“Ons was maar net die vetste seuntjie in die skool daarom het ons eerstespan stut gespeel,” verduidelik Danie. 

“Ons is die Zinkplaat van ons tyd,” bied Albert aan. 

Die pad na El Dorado

Die groep het hulle agste vollengte album op 3 September vrygestel. Ditwas vroeër hierdie jaar geskryf en het in totaal agt maande geneem om te vervaardig met die hulp van Jurgen von Wechmar. Die afwagting vir die vrystelling was groot en die groep gemotiveerd om ‘n goeie storie met “happy memories” te vertel. Hulle verduidelik dat die vorige albums harde, negatiewe musiek was wat die mens se neiging tot “world domination” wou vasvang. Volgens Danie is die rat race maklik as jy “hardcore en genoeg van ‘n doos is” om dit te doen. Maar nou is daar groter drome vir hom en die band om te vermag.

 “Ons was op soek na hierdie El Dorado, hierdie stad van goud. Maar ek het een wintersoggend uit gekyk en gesien dat alles silwer is en gedink: hierdie is good enough. Fok die goud.” 

Die storie van Silwer is ‘n aanvaarding van die onveranderlike. ‘n Bewusmaking van dit wat kan verander en verbeter, maar wat nie noodwending nodig is nie. Albert verduidelik dat goud hard is, waar silwer sagter is. Geluk moenie moeilik en hard wees nie. Die albums as ‘n geheel vertel ook ‘n storie.

Wind was daardie oomblik van aanvaarding, die stilte van die chaos na Koma. Groen was weer optimisties, die eerste tekens van lewe na ‘n veldbrand. Silwer is om sterk aan die ander kant uit te kom met ‘n nuwe understanding van wat belangrik is.”

Lockdown en lewenslesse

Danie en Albert praat met ‘n rustigheid en ‘n quiet confidence. Hulle vertroue in en trots oor die album is aantasbaar en ons vra uit oor die journey tot Silwer. Volgens Danie was “die laaste 10 jaar regtig nie lekker nie”.

Hulle beskryf dit as ‘n tipe chaos. ‘n Juxtapositioning van craziness maar met ‘n bepaalde roetine, tyd en plek. Hulle skryf die musiek, produce dit en toer met dit deur die land. Week in en naweek uit. Met die koms van lockdown verander die narratief egter en Danie vertel dat dit tog lekker is om twee oggende in ‘n ry in jou eie bed wakker te word. 

“Ons is nie meer daai vier of vyf ouens wat pis op die muur, speakers breek, en een of ander Brendan Peyper probeer bliksem nie.”

2020 is vir die wolwe ‘n jaar om te herstel en te herevalueer. Belangriker nog, hulle ontmoet hulle ego’s wat geskep is in die harwar van 2019. 

“Jy vat tien minute om te besef jy is nie die coolste ding in die wêreld nie. Jy is eintlik net ‘n moerse poephol. En check, jy het nou selfs ‘n boepie.”

Albert lag, lig sy bier en trek sy skouers op. It is what it is.

Met hulle ego’s in lyn en lewens ietwat rustiger, revamp hulle toe die hele proses. Hulle het gesit en gewerk tot die album klaar is. “Alles was meer streamlined,” verduidelik Albert en voeg by dat dit van toepassing is op die ander aspekte van hulle lewens ook. 

Nugter emosies

Ons vra hulle hoekom hulle dink hierdie die beste album nog is. Die antwoord is eenvoudig: “Dis die eerste album waar almal nugter was”. Hulle verduidelik dat dit die album is waar almal gefokus is, skerp. Met die voriges was daar ‘n konstante vloei van ekstra projekte. Danie was “dronk op emosies”, Albert het gewerk as ‘n onsuksesvolle kopieskrywer en die Du Toit broers het ‘n suksesvolle restaurant bestuur. Met Silwer kon almal voltydse musikante wees. Die resultaat is ‘n album wat gekonsentreerd en geslyp is. “Die ander albums was rou chaos en hierdie is ons wat dit begin geniet het om musiek te maak,” verduidelik Danie. 

Marié vra of hulle dink hulle het iets in die chaos verloor. Vir albei is dit ‘n gemaklike verlies. Die groep het nie die energie van die chaos verloor nie, maar egter die mag om dit te manipuleer bygekry. Dit was belangrik vir hulle om te groei as ‘n groep, maar ook as individue. 

“Ons is nie meer daai vier of vyf ouens wat pis op die muur, speakers breek, en een of ander Brendan Peyper probeer bliksem nie.”

Natuurlik was die vrees daar dat wanneer die lewe minder chaoties is, die musiek boring sal raak, maar vir Albert het die teenoorgestelde gebeur. “We are no longer subject to that chaos, we can wield it like a sword. Everything pulled into focus.” 

Geslypte swaard

Die album verras met iets nuut, maar voel ook so gemaklik soos ‘n ou trui. Albert maak weer sy opwagting met ‘n rap solo in “Die Hemel se Splinters”. Soos oudergewoonte, wens ons vir meer, maar Albert stel ons gerus dat dit op pad is. Die ure van epic rap battles kyk op YouTube het hom gemotiveer om die eerste keer rond te speel met die vorm en dit was Danie wat toe vuur onder sy gat gemaak het. 

“Ons was op soek na hierdie El Dorado, hierdie stad van goud. Maar ek het een wintersoggend uit gekyk en gesien dat alles silwer is en gedink: hierdie is good enough. Fok die goud.”

Tydens die onderhoud komplimenteer hulle mekaar deurlopend. Daar is ‘n duidelik waardering vir mekaar se kuns en die mooi lê in die gedeelde doel wat hulle met luisteraars kan deel. Volgens Albert is Danie se styl “fluid met splashes of colour and flourish”, terwyl Chris, op kitaar en klavier, meer “gridded en wiskundig” speel. Iewers in die middel ontmoet almal en Albert verduidelik dat hierdie groep “multi-disciplinary creatives” die “both of best worlds” is. 

Silwer is ‘n hoofstuk in ‘n groter narratief. Hulle praat met die vorige albums, maar kry ook inspirasie by die kunstenaars en musikante wie hulle gevorm het. “Silwer” was die eerste enkelsnit en ook die eerste musiekvideo. Hulle maak ‘n mash-up van Muse se “Knights of Cydonia” en Roy Orbison se “I drove all night”. Alhoewel die invloede jare verwyderd van mekaar is, kom hulle saam in ‘n produksie wat tot op hede een van my gunstelinge is.

Vir die hele groep was dit iets besonders om saam met die legendariese David Kramer te werk aan “Lenie Lenie”. Die wolwe dans al vir lank met Lenie en met dié liedjie, was die sirkel afgerond. Danie vertel dat hulle middae na skool na Hanepootpad geluister het en “Lenie Lenie” was die muse agter die legendaries “Lenie Bou”. Vir almal wat wonder en bespiegel, daar is dit nou. 

Waarheen nou?

Met Silwer was die grootste les vir die groep eenvouding: “die wêreld is eintlik nie ‘n kak plek nie”. Albert en Danie sien uit na wat die toekoms inhou, maar doen dit terwyl hulle gemaklik sit en met tevredenheid skep aan die tipe musiek wat hulle eintlik wil maak. 

“Ons wil meer tyd saam spandeer as vriende. We want to learn how to be happy,” vertel Danie. 

“And keep making songs because making songs is fun,” sluit Albert aan. 

Na die onderhoud is die twee op pad na Danie se huis vir ‘n groot kosmaaksessie. In tipiese Spoegwolf styl, stel hulle “Silwer” bekend nie met ‘n fizzle nie, maar met ‘n samekoms van mense rondom goeie kos, goeie geselskap, en natuurlik goeie musiek. Hulle is reeds aan die werk aan Silwer se opvolg. Alhoewel hulle nog onseker is oor die naam (dalk Skisofrenie, maar Albert is nie oortuig nie) weet hulle dat die storie gegrond is geluk.

Dankie vir die gesels wolwe. Ons sien uit na volgende een. 

Author

The girl with the sleek cut that can shop up a storm in a second-hand store. I love a good story, and I love it even more if it is told well. Don't like my blazer? Don't care. Looking to be impressed? You should see me fly a drone.

Write A Comment