Jako Meyer: Maak 'n afspraak met Middernag Kantoor | 9Lives
Reading Time: 2 min

Jako Meyer, van Moses Metro Man en Flip a Coin-faam, het onlangs sy langverwagte solo album, Middernag Kantoor, bekendgestel. Die 12-snit album is ‘n nostalgiese avontuur van alles wat die musikant gevorm het soos ons hom vandag ken.

Soos ek die album luister, kom die bekende gesegde “beproef alles en behou die goeie” by my op. Middernag Kantoor is presies dit. Die Rock & Roll klanke van Moses Metro Man deurvleg met die rou lirieke van Flip A Coin en die Wyndigters.

Middernag Kantoor is vervaardig deur Johan Viljoen in die hartjie van Potchefstroom.

En wow, wat ‘n ongelooflike vervaardiginswerk is die nie! John Viljoen, die grootste veer in my hoed gaan aan jou met die album.

Amper onmiddellik, soos wat ek die eerste snit “Beskerm My” luister, kruip die nostalgie vir Potchefstroom uit..

Met “Beskerm My” skop Middernag Kantoor met die bekende rock klanke waarvoor Meyer bekend geword het af. Met my eerste ontmoeting met Jako Meyer, en sedertdien sonder twyfel, staan ek verstom in sy “vocal abillities”. Hierdie is ‘n musikant wat weet hoe om sy stem te gebruik en, in my opinie, is hy een van die musikante in die alternatiewe Afrikaanse musiekbeweging met die beste vocals.

Wat laat Middernag Kantoor in sy eie reg staan langs al die klanke wat al uit Jako Meyer se bekwame hande gevloei het?

Die antwoord het ek gekry in die derde snit op die album getiteld “Berge en Rooi Ligte”. Sterk lirieke vol rou betekenis en ‘n ongelooflike klavierspel bring Middernag Kantoor tot sy volle reg. Alhoewel hierdie album veel rustiger is as al sy vorige werk, behou dit die sterk klanke en groot kore wat Meyer so goed reg kry.

Jako Meyer - Middernag Kantoor - Review

Die album het ook ‘n paar samewerkings met onder andere Deon Meiring, Roux Cloete en Marno van der Merwe. ‘n Gunsteling op die album is “Daar Wil Ek Wees” saam met Deon Meiring. Die liedjie begin akoesties en rou met ‘n sterk klavierspel en eerlike lirieke, waar dit bou tot ‘n musiekontploffing wat my terug laat dink aan ‘n spesiale wegkruipplek. Met hierdie liedjie kan mens hoor daar is noukeurig gedink en besluit oor die elemente vir verse, kore en refrein, met ‘n onverwagse bekfluitjie wat die groot rooi strik is waarmee die snit toegedraai is.

“Terug Na My Toe” het diep en wye instrument- en vervaardigingswerk. Die progressie van sagte klavierklanke tot sterk rock laat my verstom. Hierdie is Meyer op sy beste.

“Nuwe Jaar” se opgewekte, hoë tempo laat my glimlag.

Hierdie kraglied bewys weereens Meyer se unieke stemwerk soos wat hy met gemak na falsetto beweeg en dan weer terug spring.

Middernag Kantoor is ‘n hoogtepunt vanuit Meyer se pen, omdat die rou, eerlike liedjies ‘n tentoonstelling is van sy stem saam met sterk kitaar- en klavierklanke. Hierdie is ‘n musiekreis vol lirieke wat stories vertel en instrumentwerk wat dit ondersteun.

Author

The VaaIie girl with a laugh better than the joke itself. If you’ve lost me in the crowd, look for the red hat. Or the shoulder pads. Or the floral-patterned blazer. I’ve got a winner of a party trick, just give me a shot of tequila and a raw egg, and if you’re not sure how to start the conversation, don’t worry. I’ve got you covered.

Write A Comment