Ek is ‘n groot aanhanger van liefdesbriewe. Maar nie die tipe soos “To All The Boys I Loved Before” nie. Nee. Eerder iets meer soos “To All The Art I Loved Before”. Die kunste is ‘n wonderlike ding en ek moes een skryf vir Francois van Coke en al sy tjommies. Vandag skryf ek een aan die teater, aan een van die beste aktrises in die Afrikaanse teaterbedryf en aan een van die beste teaterproduksies wat ek al gesien het. 

Liewe Kamphoer – Die verhaal van Susan Nell, 

Op Saterdag, 10 Augustus het ek en mede 9Lives skrywer, Angelique, in my kar geklim en die pad aangedurf Artscape Teater in Kaapstad toe. Daar aangekom het ons, ons plekke ingeneem vir die teaterproduksie, Kamphoer – Die verhaal van Susan Nell. 

My eerste dankie sê is aan Francois Smith, dankie vir jou debuutroman, met dieselfde naam, wat die storie van Susan Nell so mooi verwoord. 

Maar geen teaterproduksie kan sitpekke vol maak sonder ‘n vervaardiger en verwerker nie.

Cecilia du Toit het die debuutroman verwerk in ‘n teaterproduksie en ek (as ‘n groot aanhanger van die boek)  kan enige teaterliefhebber gerusstel dat die teaterstuk die boek justice doen. Die man aan die stuur van die Kamphoer-boot is die vervaardiger, Johan van der Merwe. Nog ‘n persoon wat ‘n liefdesbrief verdien met die vervaardiging van Kamphoer

Lara Foot het deur haar regie van die produksie dit reggekry om ‘n komplekse storie so eenvoudig as moontlik oor te dra dat die gehoor gemaklik kon volg en ek net verder na die punt van my stoel te skuif. Sy het goed die ritme van die storie eerbiedig en die regie op dieselfde ritme gedoen. 

Die roman is verwerk tot ‘n eenvrou-ek-vertelling en kan gesien word as ‘n 90-minute-afspraak tussen ‘n sielkundige en ‘n pasiënt, die gehoor die sielkundige en die pasiënt Susan Nell. Jy moet jou storie vertel om te genees en so begin Susan Nell haar storie woord-vir-woord oordra. 

Maar die grootste dankie gaan aan die aktrise, Sandra Prinsloo.

Van die oomblik wat sy die verhoog betree tot haar laaste asem kon ek Susan Nell in die Winburg-konsentrasiekamp sien. Ek kon myself inleef hoe Susan verkrag en vir die dood agtergelaat is in die konsentrasiekamp tydens die Anglo Boereoorlog. Sandra Prinsloo speel die rol met soveel diepte en waarheid wat mens laat verstaan waarom sy een van die grootste name in die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf is. 

Die oorgang tussen die verskillende dele van die storie word met soveel intense emosie, jeugdige oorgawe en twyfel deur Sandra Prinsloo vertolk. Sy plaas klem op die onreg wat teen vroue in konsentrasiekampe gepleeg is deur haar herroeping van ‘n verkragting in die konsentrasiekamp. 

Die ervare aktrise weet presies hoe om die weerloosheid van die slagoffer te weerspieël met byvoorbeeld ‘n handgebaar oor haar gesig soos haar verkragter oor haar gesig gestreel het of deur ‘n stukkie kantgordyn oor haar kop te gooi. Die ligte wat so gepas oor haar blonde hare val, herinner aan ‘n jong Susan Nell, in teenstelling met haar pikswart rok wat vir my die dood voorstel. Hoe sy vir die dood agtergelaat was. 

Die dekorstel illustreer baie betekenisse vanuit die Anglo Boereoorlog. Soos wat ek in die gehoor gesit het kon ek nie ophou vir die ongelooflike dekor kyk nie. ‘n Kloktent uit kant wat die middelpunt van die produksie is, met witgeverfde tasse op die verhoog wat die kampgrafte voorstel. 

Die klank wat deurgangs gebruik is sal my altyd bybly.

Soos wat Sandra Prinsloo die stap op klippe voorstel, deur in een van die tasse bo op ‘n hoop klippe te staan. Hierdeur beeld sy die moeilike loop uit. Die dramatiese gekletter van vuur wat oordowend speel soos wat Susan Nell se huis afgebrand word laat my sommer die warm hitte van ‘n vuur teen my lyf voel soos wat ek die toneel ervaar. 

To all the art I loved before – dankie vir ‘n produksie wat aan my sal kleef tot my volgende liefdesbrief. 

Foto vergoeding deur: netwerk24.com

Author

The VaaIie girl with a laugh better than the joke itself. If you’ve lost me in the crowd, look for the red hat. Or the shoulder pads. Or the floral-patterned blazer. I’ve got a winner of a party trick, just give me a shot of tequila and a raw egg, and if you’re not sure how to start the conversation, don’t worry. I’ve got you covered.

Write A Comment