Reading Time: 5 min

Met dié dat die pandemie so deel geword het van ons daaglikse bestaan, het ek ‘n ekstra groot hunkering gehad om die hoofstukke van my lewe te herroep wanneer nostalgie aan my deur klop. Met Kersfees net om die draai, wonder ek of hierdie feestyd gaan uitspeel soos al die jare vantevore en twyfel ek nogsteeds of ek werklik by my hele familie in die Noorde sal kan wees gedurende hierdie tyd. 

Met dié gedagtes, herroep ek drie hoofstukke van my verlede. Die hoofstukke speel af in die plekke wat my gemaak het wie ek vandag is, en alles wat gepaard gaan met Gauteng, Noordwes en die Wes-Kaap. 

As jy soos ek, bietjie nostalgies is oor “almal wat ver is”, is hierdie Kersgids vir jou. Met ‘n ietsie local vir jou familie en vriende wat nie net om die draai bly nie. 

“Die Jakarandastrate roep my vanaand”

Kersgiids - Biertyd hempBiertyd t-hemp

Dagboek.co.za, R200 – R220

Almal het goeie, slegte, besige, angstige of al die bogenoemde dae ervaar tydens 2020 en Dagboek.co.za het besluit om al hierdie emosies te vier met ‘n ontwerpershemp. ‘n T-hemp vanaf Dagboek.co.za is die ideale geskenk vir ‘n vriend wat elke dag, oomblik of tyd wil vier.

Ek het die “Biertyd” hemp gekies, want dit skree; “Is dit al 3uur na werk?” en dit is tog die vraag op almal se lippe. 

Kersgids - Josh Kempen - The Morning Show

Josh Kempen – The Morning Show

Mr Vinyl, R150

Mr. Vinyl is ‘n platewinkel in Johannesburg en ‘n weergawe van die hemel vir enige plateversamelaar. Hier kan jy verlore raak tussen plate wat varieër van old classics tot meer moderne, nuwe kunstenaars. Ek is n groot aanhanger van Mr. Vinyl omdat hul ‘n groot verkeidenheid Suid-Afrikaanse plate het. Dit was in dié afdeling wat ek Josh Kempen se “The Morning Show” raakgeluister het. 

Josh Kempen het grootgeword in Jozi en het tien teen een ook al die Jakarakdastrate geroep. In ‘n besige Suid-Afrikaanse musiekindustrie het Josh Kempen vir homself naam gemaak as ‘n ongelooflike liedjieskrywer en musikant. “The Morning Show” is my gunsteling album vanuit die musikant se pen, want dit skep vir my die gevoel van melancholie en ‘n dromerige atmosfeer –  die gevoel  wat Johannesburg nog altyd by my gelos het. 

Is daar ‘n musiekjunkie wat by jou vriende-Kersfees gaan wees? Jy sal nie verkeerd gaan met hierdie nie. Hulle sal die intieme blend van elektriese kitaar, folk en 50s rock ‘n roll waardeer lank nadat die kersliggies afgehaal is. 

“Nee dit is net die sagte Kaapse reën”

Kersgids - Miemie Bird hemp

Miemiebird t-hemp

Poppiefield.co.za, R450

Ek was nog altyd van mening dat mense se persoonlikhede weerspieël in die klere wat hul dra en as jou klere nie jou persoonlikheid skree nie, kyk ek anderkant. Met ‘n hemp van Maryke Nel, van Miemiebird, sal ek definitief twee keer kyk. 

Miemiebird is ‘n handelsmerk van Kaapstad en spesialiseer in oorspronklike geillustreerde afdrukke op eienaardige t-hemde vir beide mans en vrouens. Ek is verlief op die t-hemde van Miemiebird, omdat die illutsrasies met die hand gedoen word en dan vervaardig word om die fyn afgewerkte hemde te skep. 

Ons almal het daai vriend of vriendin wat nie by kettingwinkels koop nie, want hul wil nie lyk soos die meisie by die tafel langsaan in De Akker nie. ‘n T-hemp soos die is die perfekte geskenk om ‘n rooi strik om te draai. 

Kersgids - Albert Frost - Devils and GodsAlbert Frost – Devils and Gods

Mr Vinyl, R250

Ek sê mos Mr. Vinyl is enige versamelaar se hemel Hier is nog ‘n plaaslike musikant wie weggesteek was in dié hemel – Albert Frost se Devils and Gods.

Met sy groot liefde vir Blues, het Albert Frost besluit om die 10-jaar herdenking van die “Devils and Gods” album te vier, met ‘n re-release beskikbaar op Vinyl met twee bonus snitte en ‘n nuwe baadjie. 

Frost, met sy huisie in Tulbagh verstom sy gehoor al vir meer as ‘n dekade met musiek wat wissel tussen rhythm en lead en wat elektries- en akoestiese kitare op hul beste ten toon stel. 

Hierdie is die beste geskenk vir daardie vriend wie sy kitaar saambring na ‘n snoekbraai by jou huis. 

“My sussie bly in Potchefstroom”

Kersgids - Potchefstroom hemp - Giant Sheep ClothingGiant Sheep Clothing t-hemp

@giantsheepclothing, R200

Het jy al die oomblik beleef waneer twee Alumni Puk-studente mekaar teëloop in enige ander plek, wat nie Potchefstroom is nie? Kyk, dit is n belewenis! In ‘n paar splitsekondes word jy terug geneem na die Mooirivier. 

Giant Sheep Clothing is ‘n handelsmerk wat eg aan Potchefstroom is, wat die mooi en lekker van die studentedorp vasvang. Met die hemde kan Potchefstromers die handelsmerk saam hul vat, lank nadat hul die Mooirivier gegroet het. 

Hierdie is ‘n trotse Potchefstroom handelsmerk wat gaan uitbrei met meer tong-in-die-kies hemde vir enige iemand wat al die voorreg gehad het om ‘n Pukkie bier te geniet. 

Daar sal maar altyd ‘n Puk in die geselskap wees, wat net nie die woorde van “Kyk net hoe baie Pukke is ons hier” kan vergeet nie. Dié hemp van die hoofgebou is die antwoord om die herinnering van Potchefstroom te waardeer, sonder om dit te sing. 

Kersgids - as almal ver is plaat - koos du plessisKoos du Plessis – As Almal Ver Is 

Caveman Music, R130

Koos du Plessis se “As Almal Ver Is” is een van daai old classic plate wat deel van enige iemand se versameling moet wees. Snitte soos “Onthou jy nog” en “Groet Sonder Woorde” vorm deel van die tweede album uit die pen van ou Doep. 

Baie van Koos du Plessis se liedjies leef nog voort vandag. Liedjies soos “Kinders van die Wind” en “Sprokie van ‘n Stadskind” deur musikante soos Laurika Rauch. Maar hierdie oorspronklike 10-snit plaat is ‘n spesiale geskenk aan die persoon wat nog altyd die oorspronklike weergawe van ‘n liedjie verkies pleks van ‘n cover.

Opsoek na nog geskenke vir die feesseisoen? Kyk hier.

Author

The VaaIie girl with a laugh better than the joke itself. If you’ve lost me in the crowd, look for the red hat. Or the shoulder pads. Or the floral-patterned blazer. I’ve got a winner of a party trick, just give me a shot of tequila and a raw egg, and if you’re not sure how to start the conversation, don’t worry. I’ve got you covered.

Write A Comment