Ek stop in die oprit 40 minute na ek by die werk weggery het. Vanand se verkeer was ekstra erg. Dit het my darm kans gegee om te dink wat ek vir aandete gaan maak. My mond water behoorlik, want ek het vandag nog nie veel geeët nie. Tuisgemaakte Nachos! Perfek vir dié tyd van die maand waar my beursie lig is en die weer snaaks is. Op pad huistoe het ek vinnig gestop vir ‘n houertjie roomkaas, ek hoop die avo in my vrugtebak is al ryp!

Terwyl ek sukkel om die roomkaas onder my arm te balenseer, die skootrekenaarsak se band oor my skouer te hou en die deur oop te sluit lui my selfoon. Dit is my ma. Sy wil sommer hoor hoe my dag was en wat ek vir die res an die aand gaan maak. Hierdié keer vertel ek haar van my resep, iets waarvan sy nog nooit gehoor het nie.

“Meksikaanse Nacos, mamma… Nee, ek gaan dit self maak, dis lekker!”

Ek druk die selfoon tussen my oor en skouer vas terwyl ek solank die oond stel, die spek roerbraai en die kaas rasper. Ek hurk af om die Doritos skyfies onder in die kas te soek.

“Ag dit was maar ‘n lang dag, mamma, gelukkig is dit more Vrydag, maar ek bel mamma later weer, my oond is warm.”

Dit is tyd om my tuisgemaakte Nachos te maak, hier is die resep:

Bestannddele:


1 Pak Doritos skyfies
1 pak Spek, gebraai
Kaas, gerasper
1 Avo
45ml Mayonaise
Sou + Peper
Halwe ui, fyn gekap
1 tamatie, fyn gekap
1 Houertjie Roomkaas

Metode:
Pak die skyfies onder ‘n oondbak. Versprei die spek, gevolg deur die kaas, bo-op. Rooster vir 5-10 minute of tot die kaas gesmelt het.

Maak die avo fyn, en meng met die mayonnaise, sout en peper. Meng die fyngekapte tamatie en ui en hou eenkant.

Bedien die geroosterde nachos met die vars guaccamole, tamatie en ui salsa en roomkaas.

Hierdié vinnige en maklike gereg is ‘n wenner. Het jy ook sulke liplekker en maklike resepte? Deel dit met ons!

Author

Hi, I'm Leandra, a girl from the South African countryside with some well-worn vellies and a love for hiking, camping and indulging in life outdoors. In my spare time you can find me taking photos, cooking and spending time with my friends and family.

Write A Comment