Meyerton is ‘n plattelandse dorp net suid van die groot stad, Johannesburg. Dit word omsluit deur Vereeniging, Vanderbijlpark en Sasolburg om deel te vorm van die Vaaldriehoek. Die dorp dank sy bestaan aan die ontdekking van die Swart-rif, ‘n goud deposito wat deur ‘n groot aantal plase loop op die bank van die Klip rivier. Behalwe vir die trotse inwoners en diegene wat hulself in die omliggende gebiede vind, is die dorp vir die meerderheid onbekend. Nog minder weet van Johan le Roux se heldedaad of selfs die gruwelstories van die de Deur spook. Tog is dit juis dié verhale wat ‘n onweerlegbare rol in die vorming jare van elke kind op dié dorp het.

Hoe gebeur dit dan dat stories wat so intieme betekenis het, net verlore gaan hoe verder jy buite die dorp daaroor uit vra? Val die stories op dowe ore, of beskou die inwoners dit dalk as ‘n geheim, slegs diegene van Meyerton se woorde om te spreek? Selfs die kind wat jy oorkant die Kliprivier teen kleilat speel, sal die stories onbekend verklaar. Tog sal ek graag vertel terwyl mense in sirkels nader staan om te luister, want dié is stories wat inspirasie koester en emosies uit lok.

Die de Deur Spook

Die storie van die de Deur spook maak al vir so lank sy rondtes in dié dorp dat die storie verskil van persoon tot persoon, maar al die stories word rondom dieselfde geraamte gebou en verloop soos volg; Dekades gelede het daar ‘n boer en sy familie wat in de Deur, ‘n uitbreiding in Meyerton gewoon. Die boer was baie beskermend oor sy beeldskone dogter en was dus baie streng oor enige mans wat sy dogter wou trou. Sy dogter het egter ‘n sisteem in plek gehad om haar geliefdes te sien sonder dat haar streng pa daarvan weet. In die aand sou sy seker maak dat haar familie slaap en dan haar kamerlig drie keer flikker om hom te laat weet dat dit veilig is. Hy sou dan spoedig op sy motorfiets na haar huis ry om haar op te tel, terwyl haar familie vas aan die slaap is.

Een aand het die boer wakker geword van die geraas van die jong man se motorfiets en besef wat aan gaan. Die boer het hom gereeld hoor afjaag in Boundary Straat in de Deur. Soos die verhaal loop, het die boer een dag ‘n tou oor die pad van boom tot boom gespan in ‘n poging om die verhouding stop te sit. Hy het geskat dat die tou die jong man op die bors sou tref, met die doel om hom van die motorfiets af te stamp. Maar sy skatting was verkeerd, die tou was te hoog gespan en het die jong man onverwags om die keel getref en hom onmiddelik onthoof.

Dit is onbekend presies wanneer die spook begin verskyn het, maar daar word vertel dat hy saans uitgelok kan word. As jy om middernag op Boundary Straat in de Deur tot stilstand kom en jou motorligte drie keer flikker sal ‘n verblindende lig vanaf ‘n afstand verskyn gevolg deur die gedreun van ‘n motorfiets. Die lug sal dan skielik die kar teen ‘n hewige spoed nader tot dit deur die motor beweeg en jy in die truspieël sien hoe die lig verdwyn. Geen bewys dat daar ooit enige teenwoordigheid was nie behalwe vir ‘n yskoue atmosfeer wat as nagedagte bly. Die storie word deur ‘n groot aantal inwoners vertel, met vrees in hulle oë. Hulle vertel hoe hulle nie genoeg gevrees het om nie die stories te glo nie, maar nuuskierig was om dit uit te toets. Maar na hulle ervaring, dit nooit weer sal poog nie, party vermy die gesprek as geheel.

Johan le Roux

Volgende, die verhaal van Johan le Roux, die held van Meyerton. le Roux was ‘n matriek leerling by Hoërskool Dr. Malan in die jaar 1970, wat nooit sou matrikuleer nie. Dit is die jaar 1970, Woensdag, 28 Januarie. Dit is namiddag en die bus is vol leerlinge, op hulle gewone roete huiswaarts, waar hulle ouers gereed staan om hulle kinders te groet. Voordat die roete voltooi kon word het die bus op die spoorlyn tussen Johannesburg en Vereeniging gestol. Die kinders op die bus sou later in angs vertel hoe hulle, hulpeloos, die trein sien nader kom het. Sonder twyfel of ag vir sy eie lewe, skop Johan die nooduitgang venster uit. Hy het twee laerskool seuns by die venster uit gegooi en haastig gepoog om die res na die voorkant van die bus gedruk soos die trein met die bus impak maak. Johan en twee-en-twintig ander kinders het in die ramp omgekom. Die gemeenskap in stukke.

In 1973 is Johan le Roux die Woltemadedekorasie vir Dapperheid toegeken vir sy daad. Die hoogste toekenning vir Dapperheid in Suid Afrika. Elke dag word ons herinner van sy daad wanneer ons in Meyerton se hoofstraat, Johan le Roux Weg, afry.

 

Ek onthou vandag nog die stories. Dit hou my gedagtes wakker, en my hart oop. En as hierdie stories my een ding kan leer, is dit hoe ek elke dag ‘n held vir ander kan wees.

Author

Just your typical left brainer, gets turned on by a well-organised excel sheet, on a mission to prove that lactose-free products tastes the same as regular milk products #lactosefreeforlife

Write A Comment