‘n Kosgids tot die Woordfees

Dit is amper tyd vir die Woordfees om aan te breek en jy moet die hongerpyne stil so tussendeur die sing saam met Spoegwolf en die skaterlag saam met Frank Opperman.  

Maar dit is immers Woordfees en ‘n pizza by Ginos is nie in die tydperk tussen 1 – 10 Maart 2019 jou beste opsie nie.

Hier volg ons vet kosgids met al die lekker, interessante maniere hoe jy jou hongerpyne kan stil tydens Woordfees 2019.

Vir die vleiseters!

  •     Merino-Lamsboudproe

Die plek om te wees hierdie Woordfees! Bertus Basson, stersjef van die Overture- en Spice Route-restuarante bied ‘n sessie van merino-lamsboudproe wat uit verskillende streke kom. Hierdie is nou nie jou tradisionele Sondag-ete by jou ouma in die Vrystaat nie, geen speserye, kruie of geure word bygevoeg nie en die smaak van merino lamsboud sal vir lank nog in jou mond sit.

As jy nou nie heeltemal uit jou vel spring oor lamsboud nie, die vleis word voorgesit met Veritas-rooiwyne wat enige iemand sal laat op en af spring.

1 Maart 2019 | 12:00 | Die Khaya | R160 of R180 by die deur.

  •     Shiraz en Wildsvleis

As wildsvleis jou opgewonde maak, is hierdie die plek om te wees tydens die Woordfees 2019. Bertus Basson berei verskillende wildsnitte voor wat jy kan afsluk saam met die bousteen van die wynbedryf, Shiraz wyne.

2 & 9 Maart 2019 | 12:00 | Die Khaya | R160 of R180 by die deur.

  • Konsortium Merino Hou Lamsproe

As jy ‘n liefhebber van lam is, moet jy jouself behoorlik uithonger vir die Konsortium Merino Lamsproe! Die lamsproe bestaan uit lam vanuit 5 streke wat insluit; Boesmansland, die Hoëveld, Overberg, Karoo en die Oos-Kaap.

Hierdie snitte word voorgesit saam met Veritas-bekroonde rooiwyne en is die perfekte pasmaat vir hierdie lamsproe!

7 Maart 2019 | 12:00 | Die Khaya | R160 of R180 by die deur.

Vir die Wynvliëe!

  • Wit en Rooi: Versnitte eie aan die Kaap

Dit is geen geheim dat die Kaapenaars ‘n waardering vir wyn het nie — en hierdie waardering kan net versterk word by hierdie geleentheid! Dit is hier waar jy eerstemonds saam die wynmakers van Kanonkop en Vergelegen rooi- en witwyne van verskillende kultivars kan proe en geniet!

5 Maart 2019 | 12:00 | Die Khaya | R110 of R130 by die deur.

  • Proe top-10 Sauvignon Blanc-Wyne en Qualité Kaas

Hierdie is die Oscars van wyn en kaas! Geniet 10 Sauvignon Blanc wyne wat gepaard gaan met die SA Suiwelkampioenskap se 13 beste kase!

6 Maart 2019 | 12:00 | Die Khaya | R110 of R130 by die deur.

Vir die buite-die-boks drinkers!

  • Armand Aucamp en Du Toitskloof kook kaal

Suid Afrika se eie Naked Chef is by die Woordfees! Gooi ‘n paar glase Du Toitskloof wyn by en jy kry ‘n buitengewone ervaring wat jy nie sommer by ‘n ander plek gaan kry nie! Of jy nou net vir Armand Aucamp wil loer of net lus is om ‘n glasie Du Toitskloof te klink, hierdie is waar jy beide sal kry! Ons eie Naked Chef bedien 8 vingerlek-lekker (en gesonde!) peuselhappies uit sy nuwe resepteboek en Du Toitskloof se 8 lieflike wyne is perfekte pasmaats vir hierdie ervaring!

6-9 Maart 2019 | 19:30 | Die Khaya | R180 of R200 by die deur.

  • Skrywerslangtafel by volkskombuis

Die gras is groener aan die ander kant… of is dit? Ses skrywers, onder andere Dana Snyman, Ronelda S. Kamfer en Melusi Tshabalala. Kom sit saam met hierdie skrywers aan ‘n tafel, en hoor of die gras werklik groener is terwyl jy ‘n maaltyd saam kan geniet!

6 Maart 2019 | 19:00 | De Volkskombuis Restuarant | R300 (tweegangmaaltyd) of R500 (driegangmaaltyd)

Vir die volledige program vir Woordfees 2019, besoek gerus woordfees.co.za

Foto: whatsonincapetown.com

Deel met ons wat jy gaan bywoon by hierdie jaar se Woordfees om die hongerpyne te stil!

 

Leave A Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *