Reading Time: 2 min

As ‘n besluitelose-nie-gaskoeldrank-drinker staan ek nou al vir 28 minute voor die winkel se koeldrankkaste, een warm somersnamiddag. Watter koeldrank kan ek koop om in my yskas te bêre vir wanneer ek gaste kry, of dalk self daarvan wil drink? Ek hou nie van gaskoeldrank nie. Vrugtesap het hopeloos te veel suiker in. Water het ek elkgeval by die huis. Koffie is te warm. Melkies is ook nie gesond nie, en les nie my dors nie. Ek loop op en af, maak dié deur oop, dan daardie deur. My oog vang die ystee-rak. Ek tel ‘n bottel perske-geur ystee op. Magtig, maar daar is baie suiker in! Glad nie gesonder as die ander opsies op die rak nie, en amper dubbeld so duur.

“Kan dit dan regtig so moeilik wees om ystee te maak,” wonder ek terwyl ek die bottel terug in die winkelyskas plaas

Ek stap na die rak met al die verskillende bokse vrugtesap. Ystee is gewoontlik deursigtig, daarom gaan ek ook deursigtige sap koop. My opsies is; bessiesap, appelsap en wit druiwesap. Ek kies ‘n cloudy appelsap, omdat daar volgens die etiket geen suiker begevoeg is nie.

Ná ek by die huis gestop het, kook ek ‘n ketel water. Ek haal ‘n glas sapbeker, asook ‘n plastiek maatbeker, genoeg om twee liter vloeistof te hou, uit my kas. Ek besluit om die verhouding sap teenoor tee 1:1 te hou. In my geval gaan ek een liter sap teenoor een liter tee gebruik. Indien jy soeter drankies verkies kan jy meer sap as tee meng.

Ek meet een liter kookwater in die plastiek maatbeter af en gooi 4 rooibos-teesakkies daarby. Ek laat staan die tee vir 20 minute om goed te trek en af te koel, sodat ek nie my glasbeker bars as ek die warm tee by die koue sap gooi nie.

Vir ekstra smaak en garnering sny ek twee vars appels in skywe en gooi dit in die glasbeker, gevolg deur die appelsap. Ek haal die teesakkies uit die tee en gooi die afgekoelde tee ook by die appelsap. 

Indien jy ‘n soettand is, kan jy 60 ml heuning of suiker byvoeg vir soetter ystee. Suurlemoen skyfies en mint blare gee ook ‘n lekker geur, en lyk pragtig in die glas, wees net versigtig om nie die ystee te bêre met die suurlemoenskyfies in nie, omdat die skil van die suurlemoen ‘n bitter smaak aan die tee kan gee.

Drie bestanddele later het ek twee liter ystee, sonder addisionele suiker gemaak vir minder as R20. Hierdié drankie kan tot twee weke in die yskas gebêre word en smaak heerlik met ‘n paar blokkies ys. 

Gesondheid! Op ‘n lekker vervrissende en gesonde drankie. 

ystee-resep

Het jy ook al ystee gemaak? Deel jou variteit met ons.

Author

Hi, I'm Leandra, a girl from the South African countryside with some well-worn vellies and a love for hiking, camping and indulging in life outdoors. In my spare time you can find me taking photos, cooking and spending time with my friends and family.

Write A Comment