Love & Legehness: 'n Lekker jol saam met Van Pletzen | 9Lives
Reading Time: 3 min

Tydens die nasionale inperking was uit ek daarop om vrede te soek by my gunsteling musikante. Een van daardie gunstelinge is die uwe, Koos Kombuis. ‘n Liedjie wat geen bekendstelling nodig het nie is “Lisa Se Klavier”. Maar nou het die woorde ‘n nuwe betekenis in hierdie nuwe normaal waarin ons onsself bevind. 

 En die hele wêreld word stil en luister in die donker uur na die nag geluide…”

 Die wêreld is stil. Die pandemie is ‘n donker uur. Dit is dag 9 van nasionale inperking en vandag het ek geluister na die nag geluide in die vorm van die tweede studio album deur Van Pletzen getiteld Love and Legehness. Die album deur Peach Van Pletzen en Nax is vandag op alle digitale musiekplatforms bekendgestel. Hierdie 15-snit alternatiewe Afrikaanse album is met kundigheid vervaardig. So ja, dit is ‘n Vrydagaand en De Akker wink nie vir jou nie, maar draai Love & Legehness se volume hoog en dink terug na die aand toe jy en jou tjommies die dorp ingevaar het. 

 Die album skop af met “Kakgroot” en soos die beats begin, gaan sit dit onmiddelik vas in jou bors. Onthou jy daardie Vrydagmiddag waar jy en al jou tjommies bymekaar kom vir n paar pre drinks voordat julle die dorp invaar? Gedurende so ‘n kuier, is daar ‘n tipe opbou wat plaasvind. Almal begin ontspan terwyl die drankies vloei, iemand speel beerpong en die musiek is altyd upbeat. Dit is wat “Kakgroot” is – die opbou tot ‘n kak groot album. 

 Daarna bel iemand ‘n Uber en soos ‘n trop diere, spring jy en jou tjommies, een vir een uit by De Akker op Stellenbosch se voorstoep. Om ‘n taai tafel is almal vol gees en die een gesprek volg op die volgende een. In my vriendekring is die gesprekke gegrond op verhoudings, werk of die misterieuse man wat daar in die hoek staan. Sodra ek die trompet van “Hartedief” gehoor het, kon ek ons aande in Akker voor my sien afspeel tesame met ““Stop Die Games” en “Timed-Out”. Een ding is verseker, Van Pletzen weet hoe om ‘n jol se gesprekke vas te vang in sy lighartige, maar tog sterk lirieke. 

 Nou is dit daai tyd van die aand, waar die voete jeuk vir ‘n bietjie dans. En ek bedoel nie sokkie nie, net dans  op ‘n lekker beat wat deur jou lyf vibreer, sonder om te dink.  

Kyk ek is ‘n groot voorstaander van Afrikaans, veral die Afrikaanse kunste wêreld. Maar een ding wat ek nog nooit kon begryp nie, is hoekom moet ons so ernstig wees? Ja, jy kan saam met musiek huil in jou taal. Jy kan kwaad wees in jou taal en musiek help jou om te dink in jou taal. Maar wat van as ek net wil dans in my taal? 

 Met EDM en disco melodieë kan jy dans in jou taal op liedjies soos “Drooming” en “Awaken the Legehness”. Hierdie is twee van my gunsteling liedjies op die album, want wie wil nie ‘n aand weg dans saam met Early B nie. Maar om net een keer te dans saam met Early B is nie genoeg nie, daarom verskyn hy op drie van die 15 snitte op die album. Ander colabs op die album sluit in Biggy, Nederlandse rapper Tim Beumers, Jack Parow en Janie Bay.

 Ons is nou by daardie deel van die aand waar jou vriendin oogies gemaak het met die donkerkop en die duifies wil nou huiswaarts keer om te gaan koer. Vat vir Janie Bay saam met die liedjie “Vir Ewig.” Tussendeur die baselines en electronic beats is daar ook hier en daar ‘n ballad. “Vir Ewig” is intiem en romanties, met ‘n stukkie misterie.

Love & Legehness is vol energie, ‘n kak lekker vibe en leer Afrikaners om hulself nie so ernstig op te neem nie. Die hele wêreld is stil. Die pandemie is die donker uur. Maar luister na die nag geluide van Love & Legehness, dit gaan voel asof jy in De Akker saam met jou tjommies sit.

Foto deur: vanpletzen.co.za

Author

The VaaIie girl with a laugh better than the joke itself. If you’ve lost me in the crowd, look for the red hat. Or the shoulder pads. Or the floral-patterned blazer. I’ve got a winner of a party trick, just give me a shot of tequila and a raw egg, and if you’re not sure how to start the conversation, don’t worry. I’ve got you covered.

Write A Comment